’n MAN (32) van die Aberdeen-distrik is op Saterdag, 27 April oorlede nadat hy omstreeks 16:15 op die plaas Kruidfontein van ’n bewegende voertuig geval het.

Leonard Dikana het agter-op ’n bakkie gery toe hy sy balans verloor en onder die wiele van ’n sleepwa beland het. Die bestuurder het dadelik stilgehou en die Suid-Afrikaanse polisie en nooddienste op Aberdeen na die onge-lukstoneel ontbied.

Dikana is op die toneel dood verklaar. ’n Saak van strafbare manslag is geopen.

Volgens SAPD woordvoerder, kaptein Bradley Rawlinson, kan die identiteit van die bestuurder nog nie in dié stadium bekendgemaak word nie, aangesien die formele ondersoek na die gebeure nog nie afgehandel is nie.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article