LAERSKOOL Gill op Somerset-Oos spog vanjaar met twee nuwe onderwysers.

Elishia Muller is aangestel in die graad 3A-pos. Sy het haar studies voltooi aan CPUT Wellington en is oorspronklik van Mosselbaai afkomstig.

Danieel van Greunen is aangestel in die graad 2A-pos en sy het haar studies aan die Universiteit Vrystaat voltooi. Sy kom uit die Oos-Kaap en is oorspronklik van Kirkwood.

Die skool wens dié nuwe onderwysers ’n lang en vreugdevolle verbintenis by die Laerskool Gill toe.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article