DIE Karel Theron Primêre Skool se jaarlikse glansgeleentheid het op Donderdag, 19 April plaasgevind waar 2018 se Mnr. en Mej. Vonkel en Sprankel gekroon is.
Vanjaar het die glansaand ook ’n ander draai gehad toe die gr. 2- en gr. 3-deelnemers deur hul ouers op die loopplank vergesel is. Dit was ’n traan-in-die-oog oomblik wat die toeskouers baie geniet het.
Vanjaar se wenners is:
- Mnr. Vonkel 2018 – Nataniël Taai, met Corneel Uys as eerste prins en Johannes Schoombee as tweede prins.
- Mej. Vonkel 2018 – Elmie van der Walt, met Carli Stannard as eerste prinses en Lulutho Menziwa as tweede prinses.
- Mnr. Sprankel 2018 – Janko Lessing, met Douw Lessing as eerste prins en Lenfred Manuel as tweede prins.
- Mej. Sprankel 2018 – Isa Schoombee, met Tshepi Mokushani as eerste prinses en Sipholwakho Tyhala as tweede prinses.



