Hoërskool Middelburg se leerderraad vir 2020 is: (voor van links) Sanrie Lessing, Daniël Botha, Vicky Muller en Christiaan Vorster. In die middel is Pieter Erasmus, Marco Burger, Hannlé van Heerden en Chante Jansen. Agter is Jako Pieterse en Mignon Terblanche. Foto’s:JOHANETTE PHOTOGRAPHY


’n ONDERWYSERES wat die afgelope klompie jare in die buiteland, waaronder Abu Dhabi, leerders in wiskunde onderrig het, is vanjaar deel van Hoërskool Middelburg se personeel.

Charnelle Dunn, wat oor ’n meestersgraad in wiskunde beskik, is aan-gestel as wiskunde-onderwyser vir graad 10 tot 12 klasse. Sy is oorspronklik van Jeffreysbaai, maar het familie in Graaff–Reinet en daarom is die Karoo na aan haar hart.

Na 20 jaar by Hoërskool Middelburg het die skool afskeid geneem van Carina Vorster, wat onder die leerders be-kend is as “Juffrou Hartjie”. Sy was verantwoordelik vir die rekenaarklasse en besigheidstudies en het ook die snoepie behartig.

Die personeel, ouers en leerders wens “Juffrou Hartjie” ’n rustige tyd toe met haar aftrede.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article