KAREL Theron Primêre Skool het twee nuwe leerkragte in Elize-Maré le Roux en Janelle Smit bygekry.
Elize-Maré le Roux het in Wellington by CPUT haar B.Ed-graad verwerf in 2015. In 2016 het sy by die Hoër Landbouskool Marlow in Cradock aangesluit.
Vanaf 1 April is sy deel van die span by die Karel Theron Primêre Skool in Middelburg.
Janelle Smit, ’n derde jaar onderwysstudent aan CPUT, Wellington, proef tans by die Karel Theron Primêre Skool.
Sy is oorspronklik vanaf Gansbaai.




