Daar is heerlik gekuier en gesels oor ’n koppie koffie en ‘n bordjie eetgoed. FOTO: JOHANETTE VAN HEERDEN


DIE tradisie van ’n Valentynsdagtee vir die NG Karoo-gemeente se sewentigplussers is op Saterdag, 17 Februarie voortgesit.

’n Opgewonde groep het vanaf 09:30 by Picadilli’s-koffierestaurant opgedaag. Die meeste dames was in die liefdeskleur rooi geklee. Die personeel van Huis Karee het van die inwoners met hul bussie gebring. Ander het sommer die pad met hul rolstoele aangedurf.

Ds. Francois du Toit het die verrigtinge geopen met gebed. Tannie Olivia du Toit se boodskap aan al die teenwoordiges het gehandel oor hoe om die ouderdom te hanteer.

Sy het dit ook beklemtoon dat hul steeds moet kan lag en dat hul maar mag vergeet!

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article