Retha de Lange, die Oranje Meisiesskool in Bloemfontein se eerste netbalspan-afrigter, het onlangs ’n geslaagde afrigtingskliniek by die Hoërskool Middelburg (MHS) aangebied. Altesaam 33 meisies se netbalvaardighede is opgeknap en geslyp. Die eerste wedstryde van die seisoen word reeds vir 14 April teen Aliwal-Noord (op Middelburg) beplan. Op die foto verskyn van die meisies by die geleentheid. foto:verskaf


‘n BAIE geslaagde afrigtingskliniek is die afgelope naweek deur Retha de Lange, eerstespan afrigter van Oranje Meisiesskool, by Hoërskool Middelburg aangebied. Retha was ook vir baie jare betrokke by Sentraal se afrigting.

Altesaam 33 meisies het die klinike bygewoon en is netbalvaardighede opgeknap en geslyp. Daar word baie uitgesien na die nuwe seisoen wat volgende kwartaal begin. Die eerste wedstryde word reeds vir 14 April teen Aliwal-Noord (op Middelburg) beplan.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article