Met die viering van die Narsingstraat Primêre Skool op Graaff-Reinet se 30ste bestaansjaar word daar ook met dankbaarheid teruggekyk na ’n parlementslid wat ’n “skoolhawe” vir plaaskinders wou skep.
Dié parlementslid was Carolus Koeberg, LP van Visrivier. Wyle Koeberg het ’n pleidooi tot die destydse onderwysowerhede gelewer om ’n skool te bou met ’n koshuis wat plaaskinders kon huisves.
Die skool is op 1 Januarie 1988 geopen met agt personeellede. Johnny Johnson was die eerste skoolhoof.
“Vandag, 30 jaar later, het die skool gevorder van ’n nederige begin tot ’n skool waarop die hele skoolgemeenskap, wat nog te sê die dorp en distrik, baie trots is,” sê die skoolbestuur.
Die skool, een van 14 primêre skole in die Dr. Beyers Naudé-munisipaliteit, spog met ’n leerlingtal van 1 129.
Amos Grootbom, die skoolhoof, maak werk daarvan om ’n kultuur van omgee en liefde teenoor mekaar te kweek. Luidens die skool se nuusverklaring sukkel baie van die leerlinge weens die sosio-ekonomiese omstandighede waarin hulle grootword.
Spesiale programme is by Narsingstraat ingestel om ’n ingesteldheid vir ’n vervullende lewe te help skep, onder meer die Living Legends, Early Inspiration en Suncep.
Laasgenoemde is ’n leierskapsprogram.
Binne die Living Legends-program help Edorique Gouws die gr. 3-leerlinge deur liggaamlike opvoeding om lewensvaardighede te ontwikkel.
Daar is ’n merkwaardige verbetering, veral wat hul balvaardigheid betref.
Narsingstraat het ook die Rupert Stigting vir sy ondersteuning bedank.
“Daar is ’n baie goeie balans wat gehandhaaf word tussen die akademie en sport. Narsingstraat het oor die jare heen ’n groot getal oudleerlinge opgelewer wat hulle goed bekwaam het en waarop die skool baie trots is.
“Die skool is vandag nog ’n gedugte teenstander op sportgebied en het hom veral al in atletiek, rugby en netbal bewys.
“Elton Jantjies (huidige Springbok), Dekado Jantjies (o.19-Springbok), Ricardo Grootboom (o.17-Springbok) en Benjamin Jaftha (SA Akademie-speler) is almal produkte van die skool.
“Op akademiese gebied is die skool ’n staatmaker in die Graaff-Reinet-onderwysdistrik en het al prokureurs (Lorraine Booysen, Glin Loggenberg), mediese dokters (dr. Warren Maya en dr. Eric Garoheb), ’n rekenmeester (Wesley Sondag), ’n onderwyser (Christiaan Goliath) en vele presteerders in die sakewêreld opgelewer.
“Een van ons oudleerlinge, Johnny Jansen,werk in die kantoor van die uitvoerende hoof van VWSA in Uitenhage,” lui die nuusverklaring.
Die skool het verskeie aktiwiteite wat gedurende die jaar sal plaasvind om die 30ste bestaansjaar van die skool te vier. Die skool nooi almal uit om die aktiwiteite te ondersteun.
Verskeie geleenthede is al gehou om Narsingstraat se 30ste skooljaar te vier.
Die program vir die res van die jaar lyk so:
18 Augustus 2018: Sportdag teen Republiek Primêr in Port Elizabeth.)
8 September 201: Debutantebal
21-24 September 2018: Reünienaweek vir alle Narsingstraters
12 Oktober 2018: Dinee vir oud-skoolhoofde en onderwysers
27 Oktober 2018: Gholfdag
10 November 2018: Kulturele aand
- Skakel die skool by 072 143 7613 vir meer inligting oor die vierings.
MET die viering van die Narsingstraat Primêre Skool op Graaff-Reinet se 30ste bestaansjaar word daar ook met dankbaarheid teruggekyk na ’n parlementslid wat ’n “skoolhawe” vir plaaskinders wou skep.
Dié parlementslid was Carolus Koeberg, LP van Visrivier. Wyle Koeberg het ’n pleidooi tot die destydse onderwysowerhede gelewer om ’n skool te bou met ’n koshuis wat plaaskinders kon huisves.
Die skool is op 1 Januarie 1988 geopen met agt personeellede. Johnny Johnson was die eerste skoolhoof.
“Vandag, 30 jaar later, het die skool gevorder van ’n nederige begin tot ’n skool waarop die hele skoolgemeenskap, wat nog te sê die dorp en distrik, baie trots is,” sê die skoolbestuur.
Die skool, een van 14 primêre skole in die Dr. Beyers Naudé-munisipaliteit, spog met ’n leerlingtal van 1 129.
Amos Grootboom, die skoolhoof, maak werk daarvan om ’n kultuur van omgee en liefde teenoor mekaar te kweek. Luidens die skool se nuusverklaring sukkel baie van die leerlinge weens die sosio-ekonomiese omstandighede waarin hulle grootword.
Spesiale programme is by Narsingstraat ingestel om ’n ingesteldheid vir ’n vervullende lewe te help skep, onder meer die Living Legends, Early Inspiration en Suncep.
Laasgenoemde is ’n leierskapsprogram.
Binne die Living Legends-program help Edorique Gouws die gr. 3-leerlinge deur liggaamlike opvoeding om lewensvaardighede te ontwikkel.
Daar is ’n merkwaardige verbetering, veral wat hul balvaardigheid betref.
Narsingstraat het ook die Rupert Stigting vir sy ondersteuning bedank.
“Daar is ’n baie goeie balans wat gehandhaaf word tussen die akademie en sport. Narsingstraat het oor die jare heen ’n groot getal oudleerlinge opgelewer wat hulle goed bekwaam het en waarop die skool baie trots is.
“Die skool is vandag nog ’n gedugte teenstander op sportgebied en het hom veral al in atletiek, rugby en netbal bewys.
“Elton Jantjies (huidige Springbok), Dekado Jantjies (o.19-Springbok), Ricardo Grootboom (o.17-Springbok) en Benjamin Jaftha (SA Akademie-speler) is almal produkte van die skool.
“Op akademiese gebied is die skool ’n staatmaker in die Graaff-Reinet-onderwysdistrik en het al prokureurs (Lorraine Booysen, Glin Loggenberg), mediese dokters (dr. Warren Maya en dr. Eric Garoheb), ’n rekenmeester (Wesley Sondag), ’n onderwyser (Christiaan Goliath) en vele presteerders in die sakewêreld opgelewer.
“Een van ons oudleerlinge, Johnny Jansen,werk in die kantoor van die uitvoerende hoof van VWSA in Uitenhage,” lui die nuusverklaring.
Die skool het verskeie aktiwiteite wat gedurende die jaar sal plaasvind om die 30ste bestaansjaar van die skool te vier. Die skool nooi almal uit om die aktiwiteite te ondersteun.
Verskeie geleenthede is al gehou om Narsingstraat se 30ste skooljaar te vier.
Die program vir die res van die jaar lyk so:
18 Augustus 2018: Sportdag teen Republiek Primêr in Port Elizabeth.
8 September 2018: Debutantebal
21-24 September 2018: Reünienaweek vir alle Narsingstraters
12 Oktober 2018: Dinee vir oud-skoolhoofde en onderwysers
27 Oktober 2018: Gholfdag
10 November 2018: Kulturele aand
) Skakel die skool by 072 143 7613 vir meer inligting oor die vierings.