Die Middelland Senior Sekondêre Skool in Middelburg het op 28 Januarie behoorlik gedruis van opgewondenheid toe die hoofleiers vir 2019 aangekondig is. Hulle is, van links, Xavier Kiewiets (hoofseun), Shereen van Schalkwyk (hoofmeisie), Henry Ferreira (waarnemende hoof van MSSS), Jamielee Kalse (onderhoofmeisie) en Xavier Harmse (onderhoofseun). Foto:VERSKAF


OP 28 Januarie het die Middelland Senior Sekondêre skool in Middelburg behoorlik gedruis van opgewondenheid toe die hoofleiers vir 2019 aangekondig is.

Ferndale Miller wat as voog onderwyser van die hoofleiers optree het met groot spanning die name aangekondig.

Xavier Kiewiets en Shereen van Schalkwyk is as hoofseun en hoofdogter aangewys met Jamielee Kalse en Xavier Harmse as onderhoofleiers. Die skool is baie trots op hierdie leerders en wens hulle ‘n jaar vol ywer en samewerking toe.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article