Wyle Esther Rossouw, saam met haar seun, Carel van Heerden, en dogter, Chrisnette Sieberhagen. Foto:VERSKAF


DIE familie van Esther Rossouw (54) van die Hofmeyr-distrik is die afgelope naweek in rou gedompel toe sy gesterf het ná sy in ’n motorongeluk naby Wepener in die Vrystaat betrokke was.

Twee ander mense is ook in die ongeluk dood. Die Toyota Fortuner waarmee sy gereis het, was in ’n botsing van voor met ’n vragmotor betrokke by ’n kruising op die N6 by die Wepener-afrit.

Sy is per ambulans na Bloemfontein vervoer, maar is op pad daarheen oorlede. ’n Passasier in Rossouw se motor, Karen Sieberhagen, is ook in die ongeluk oorlede, asook die bestuurder van die vragmotor.

Rossouw was welbekend aan Cradock-inwoners. Haar drie kinders Corien Rossouw, Chrisnette Sieberhagen en Carel van Heerden was almal in Cradock op skool. Die gesin het in die Hofmeyr-distrik, eers op die plaas Klipplaatsdrift en later op die plaas Echodale, gewoon.

Die begrafnisdiens en teraardebestelling sal dié naweek vanuit die NG Kerk Rouxville plaasvind.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article