TEN spyte van vanjaar se teleurstellende omstandighede by Cradock Spa, waar die jaarlikse Lions Rally vir motorfietsryers aangebied is, het motorfietsryers van Graaff-Reinet ’n skenking van klere aan die Cradock ACVV oorhandig.

“Ons is baie dankbaar vir die lede van Graaff-Reinet se Iron Hears-motorfietsklub vir hulle skenking. Dis goed om mense te ontmoet wat omgee vir hul medemens,” het Carin van Zyl van die ACVV gesê.

Sy het bygevoeg dat daar groot klerenood in die gemeenskap is en dat die skenking broodnodig was.– WILNA DE KLERK

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article