Viertrekbestuurders moes talle uitdagings aanpak om deur die Bamboesberge se 4×4-roete tussen Hofmeyr en Molteno te kom.

Foto: Oreste Boffa Credit: SYSTEM

Meer as 50 viertrek-voertuie het vanjaar aan die Molteno NG Kerk se 4×4 Familiedag deelgeneem en oor twee dae op rowwe paaie in die Bamboesberge rondgery.

Dié 4×4-uitdaging is op die plaas Goedehoop van Echbert en Deoné Terblanche aangebied en gaste kon oornag by Klipplaatsdrift Safari Lodge.

“4×4 Entoesiaste het douvoordag opgedaag om koffie en beskuit in die berge te kom geniet. Dit was ’n uitdagende roete wat aangepak is, veral na die goeie reën, wat die paaie nog meer van ’n uitdaging gemaak het,” sê Oreste Boffa, ’n deelnemer aan die 4×4 Familiedag.

‘n Goedbeplande sirkelroete, met talle uitdagings en pragtige natuurtonele, is gevolg. By die eindpunt kon die deelnemers en hul families saamkuier, oor braaivleisvure nabetragting hou van die benoude oomblikke en mooi landskappe waardeur gery is. Later is ’n pure-plaas skuuropskop gehou.

Talle borge het vanjaar se 4×4 Familiedag ondersteun en die organiseerders bedank graag die hoofborg Alpha Tyre & 4×4 Accessories, asook Land Rover, Air Connect, Fuchs, Landmeg Landini, Ouma Beskuit, Energo, Toyota, Kelston, C.A.T. Motors, Propsvee, BD Project Management, Mannatech, OVK en Agrifeed Systems.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article