MEGAN Newton van die Hoërskool Middelburg het tydens die Zone Dorpsatletiekbyeenkoms op 26 Januarie in KwaNonzame, Middelburg die eerste plek met ’n hoogte van 1.5m in die hoogspring vir meisies o.15 behaal.
Tydens Middies se kleure-atletiekbyeenkoms ’n week tevore het Megan met ’n hoogte van 1.57m die skool se rekord verbeter.
Atlete van Middelburg, Middelland Sekondêr (Midros) en Ekuphumleni High School (KwaNonzame) het aan die Zone Dorpsbyeenkoms deelge-neem.
Die Hoërskool Middelburg se atlete het altesame 24 goud, 11 silwer en ses brons tydens die Zone-byeenkoms ingepalm.
Die volgende atletiekbyeenkoms is die Cradock-distrikatletiekbyeenkoms wat op Saterdag, 2 Februarie in Cradock plaasvind.




