Megan Newton verbeter die meisies o.15-hoogspringrekord tydens die Top 10 Nedbank JP Botha JF-atletiekbyeenkoms in Bloemfontein op 20 Oktober. Foto:VERSKAF


VIR ’n skool met ’n heelwat laer leerdertal as die meeste omliggende skole in die omgewing, het die Hoërskool Middelburg werklik uitste-kend gevaar tydens die onlangse top 10-atletiekbyeenkomste, wat onder-skeidelik op Saterdag, 13 en 20 Oktober op Cradock en Bloemfontein gehou is.

Uit die 83 skole wat op Cradock aan die Bestmed/Madibaz/Tams Superspar top 10 byeenkoms deelgeneem het, het Middies sewende beste volgens die ASA-puntestand gevaar.

Om teen groter skole soos, onder andere, Outeniqua, Nico Malan, Collegiate, Selborne College, Hangklip, Duineveld, Paarl Girls High, Pearson en Queens College mee te ding, benodig fiksheid, stamina, teg-niek en deursettingsvermoë.

Tydens die top 10-byeenkoms op Cradock het Middies se Megan Newton in die o.14-hoogspring en 90m-hekkies ’n eerste plek behaal, terwyl Marlise Beukes in die 100m en 200m ’n tweede plek behaal het.

Ander eerste plekke is ook deur Amy Newton in die 800m en Lihle Mlondleni in die hoogspring behaal.

Die hamergooiers, onder afrigting van Rethie Cumming, het ook hul staal gewys en verskeie plekke behaal, met onder andere Wanga Thiso wat in die o.19-afdeling met ’n afstand van 35.68m ’n tweede plek ingepalm het.

In die B-afdeling het die Olivier-broers ’n eerste plek vir Tommie en ’n tweede plek vir Willie met die hamergooi ingepalm. Ná afloop van die byeenkoms spog Middies met vyf goue, vier silwer en drie brons me-daljes.

Tydens die atletiekbyeenkoms wat op 20 Oktober in Bloemfontein gehou is, het Middelburg se atlete weer eens skitterend gevaar.

Middelburg se top atleet tydens die byeenkoms was Megan Newton wat eerste plekke behaal het in die o.14-hoogspring met ’n hoogte van 1.65m en in die 90m-hekkies met ’n tyd van 14.11 sekondes.

Middies is uiters trots op Megan wat die meisies o.15-hoogspringrekord tydens hierdie byeenkoms van 1.58m na 1.65m verbeter het.

Anna Blom het ’n tweede plek in die o.17 400m, met ’n tyd van 63.17s, behaal, terwyl Danel Bishop ’n tweede plek in o.15-hamergooi met ’n afstand van 38.43m en Amy Newton ’n tweede plek in die 800m met ’n tyd van 02:44.91 behaal het.

Jana Olivier, Wilana Wolfaardt en Tommie Olivier het derde plekke in hul onderskeie ouderdomsgroepe vir hamergooi verower, terwyl Ruaal Puley ook ’n derde plek in spiesgooi o.15 behaal het.

Vier van Middelburg se atlete is ook onder die top-50 atlete tydens die byeenkoms aangewys.

Hulle is Megan Newton, Danel Bishop, Wilana Wolfaardt en Jana Olivier.

Die Hoërskool Middelburg is voorwaar trots op die top-10 atlete wat reeds so vroeg in die nuwe atle-tiekseisoen so hard oefen en goed presteer.

Tans word daar hard gesweet en geploeg om die atletiekbaan en rugbyveld se nuwe besproeiingstelsel te installeer.

Dit stuit egter nie die atlete om daagliks aan hulle fiksheid en teg- niek te oefen nie.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article