DIE Hoërskool Middelburg vier vanjaar hulle 100ste bestaansjaar en is dankbaar vir die reuse borgskap wat hulle weer eens van Captain Dorego’s in die vorm van rugbyuitrustings vir die seisoen ontvang het.
JT Terblanche het die truie, broeke en kouse op 12 Maart by die skool oorhandig.
Die eerste rugbyspan het die nuwe uitrustings tydens die Arthur Johnson-sporttoernooi op Mosselbaai ingewy. Die eerste rugby- en netbalspanne toer vanaf 15 tot 20 Maart na Mosselbaai vir die Sportweek.
Die Hoërskool Middelburg se eerste rugby- en netbalwedstryde vir die tweede kwartaal sal op Saterdag, 6 April teen Aliwal-Noord op Aliwal-Noord plaasvind.




