DIE Hoërskool Middelburg se rugby- en netbalspanne het op 13 Julie na Burgersdorp gereis om daar te gaan kragte meet.
Dit was die eerste wedstryde vir die nuwe kwartaal en Burgersdorp se spanne het meeste van die wedstrydpunte ingepalm. Burgersdorp se rugbyspanne wen met 66-3 (eerstes), 28-7 (o.16) en 31-19 (o.15).
By die netbal het Middies se o.16-netbalspan 21-18 gewen en die derde netbalspan met nege elk gelykop gespeel.
Verder het Burgersdorp se netbal die volgende uitslae behaal: 30-21(eerstes), 21-12 (tweedes), 13-12 (o.16B) en 12-11 (o.14).
Die derde netbalspan het tydens hierdie wedstryd die voorreg gehad om vir die eerste keer in hul nuwe geborgde netbaluitrustings op te draf.
Die volgende rugby- en netbalwedstryde was gister teen De Aar op Middelburg gespeel (uitslae teen druktyd nie bekend).
Daarna gaan daar volstoom aan fiksheid en wedstrydplan gewerk word om gereed te wees vir interskole teen Kirkwood wat tydens die skool se Eeufeesvieringe van 1 tot 3 Augustus op Middelburg gaan plaasvind.




