Die Hoërskool Middelburg se 7’s rugbyspan het aan die 7’s toernooi tydens die Burgersdorp Somerfees deelgeneem. Die span was in die B-afdeling saam met Burgersdorp 1 en Landboudal 2 (van Jacobsdal). Middies het die toernooi begin met ’n oorwinning van 14–7 teen Burgersdorp 1. In die tweede wedstryd moes Middies egter die knie buig voor Landboudal 2. In die kwarteindronde word Middies se span uitgeskakel deur Burgersdorp 2 en eindig dus tweede in die B-afdeling. Foto:VERSKAF


Middies laat waai by 7’s toernooi

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article