PROF. Klaus Kuhn van Basel Universiteit in Switserland het op Dinsdag, 22 Januarie met sy span navorsers van Switserland besoek afgelê by die Hoërskool Middelburg in die Karoo.
Kuhn en sy span fokus veral op erosie en klimaatsverandering in die Karoo. Sy vrou Brigitte is ’n hommeltuigloods wat die resultate met behulp van ’n hommeltuig (drone) karteer.
Die gr. 9-leerders van MHS het saam met die Switserse span die dag in die veld buite Middelburg deurgebring waar hul kosbare inligting oor die omgewing en hommeltuie ryker geraak het.
Die leerders was stomgeslaan oor wat alles met ’n hommeltuig vermag kan word.




