Middies se Victor Ludorum, Wanga Thiso (middel) wen die 100m seuns o.19 met Lihle Mhlondleni (links) en Divan Jansen (regs). Foto: JOHANETTE PHOTOGRAPHY


AGT rekords het tydens die Hoërskool Middelburg se kleure-atle-tiekbyeenkoms, wat op 18 Janua-rie plaasgevind het, gespat.

Amy Newton het ’n nuwe verspring-rekord vir meisies o.19 met 4.54m aangeteken, terwyl haar suster Megan Newton die o.15-hoogspring rekord na 1.57m verbeter het.

Vicky Muller het vir meisies o.17 die hoogspring-rekord verbeter na 1.48m en die nuweling Dakalo Nengewenani het die 200m rekord vir seuns o.14. na 27.2s verbeter. Die spiesgooi-rekord vir seuns o.15 is deur Ruaal Puley verbeter, seuns o.16 se gewigstoot-rekord deur Christopher Legg (12,95m), meisies o.15-diskus deur Danelle Bishop (23.87m) en hamergooi seuns o.15 deur Tommie Olivier.

Wanga Thiso en Marlise Beukes is as Middies se Victor en Victrix Ludorum aangewys.

Atlete wat tydens hierdie byeenkoms kwalifiserende afstande en tye behaal het, neem op Saterdag, 26 Januarie aan die Sone dorpsatletiekbyeenkoms deel waar hulle teen die Hoërskole van Midros en KwaNonzame deelneem.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article