DIE Middelburg-rolbalklub het Vrydagaand hul staal behoorlik gewys in die Viking-rolbaltoernooi in Middelburg.
Izak Joubert, van die firma Viking in Middelburg, het vanjaar as hoofborg opgetree.
Spanne het van so ver as Kenton-on-Sea, Port Alfred, Jeffreysbaai, Graaff-Reinet, Hofmeyr en Cradock gereis om deel te neem.
Plaaslike spelers van Middelburg het hul huise oopgestel om oornaggaste te huisves en altesaam 72 spelers het die naweek deelgeneem.
Die span van Erica Joubert, met Abri Joubert en Willie van Heerden, het gewen. Dit is die tweede jaar dat hierdie span as die wenspan aangewys word.
Die span van Schoombee, onder leiding van Robert Lord, het tweede geëindig, terwyl die span van Eric Louw, ook ’n Middelburger, die derde plek behaal het. Die span van Piet Roux van Hofmeyr het in die vierde posisie klaargemaak.




