Die hoof- en onderhoofleiers vir 2019 saam met Mariaan Stannard (middel) is, van links, Ammie Donian en Amy Newton, Reinhardt Pelser en Werner van der Berg. foto:JOHANETTE PHOTOGRAPHY


DIE Hoërskool Middelburg se jaarlikse prysuitdeling, waartydens leerders vir hul akademiese sowel as sportprestasies vereer word, het op 17 Oktober plaasgevind.

Verskeie sertifikate, boekpryse en trofees is aan die akademiese en sportpresteerders oorhandig.

MHS se hoofmeisie van 2018, Aniel van Deventer het behoorlik die trofees ingeryg.

Die top akademiese presteerders in die onderskeie grade is Ekaterina Duvenhage (graad 8), Hannlé van Heerden (graad 9), Vicky Muller (graad 10), Jana Olivier (graad 11) en Aniel van Deventer (graad 12). Adrian Joubert en Megan Newton is as MHS se sportman en -vrou vir 2018 aangewys.

Die nuwe hoofleiers en LLR vir 2019 is ook aangekondig.

Die hoofleiers is Reinhardt Pelser en Amy Newton, met Werner van der Berg en Ammie Donian wat as die onderhoofleiers aangewys is.

Die ander lede van die LLR is Foxie Wolfaardt, Anna Blom, Daniël Botha, Wanga Thiso, Sanrie Lessing en Vicky Muller.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article