MIDDELBURG is tans druk besig met die Landbouskou en Cooking Challenge wat op 1 en 2 Maart by die skougronde sal plaasvind.

Inwoners is welkom om die Boereverenigings te ondersteun tydens die Saterdagmiddag se “Boer meets Gourmet”-funksie wat om 16:00 begin en ’n cider van Everson Ciders, asook Karoo-potjie tydens die uitbundige lagsessie met komediant Ilné Fourie, te geniet.

Fourie is ’n oud-inwoner van Middelburg. Geen persone onder 18 sal toegelaat word om die lagsessie by te woon nie. Spesiale reëlings sal getref word vir kinders onder die ouderdom van drie jaar om ’n fliekaand teen R50 by die skougronde te geniet.

Voorafbespreking vir die “Boer meets Gourmet”-funksie is noodsaaklik. Kontak Jessica van der Laan by 072 211 8772.

Kontak Lezanne Lombard by 073 302 6223 vir meer inligting oor die fliekaand of Andries Mellet by 082 927 9712 vir meer inligting oor die skou.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article