Optog teen geweld. Photo:VERSKAF


CRADOCK Kindersorg en die gemeenskap van Michausdal het ’n duidelike boodskap van, “Genoeg is genoeg” uitgedra tydens hul protesoptog gedurende die sestien dae van aktivisme teen nie-geweld teenoor vroue en kinders.

Om hulle protes hard en duidelik aan die gemeenskap uit te dra, is bome met wit lappe gedrapeer terwyl ’n deur-tot-deur veldtog en ’n protesoptog deur die strate van Michausdal plaasgevind het.

Van die kinders en volwassenes het met behulp van grimering en fiktiewe beserings mishandelde persone uitgebeeld.

Ná die optog is ’n program deur plaaslike maatskaplike werkers en ander vrywilligers aangebied waarna daar heerlike verversing aangebied is.

Die programleiers het hul dank en waardering uitgespreek teenoor gemeenskapleiers soos Desiré Pockbass en Lena Davids, asook plaaslike vroue van kerke en die gemeenskap wat teenwoordig was.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article