Michausdal se atlete en afrigters is, van links, Jeremia Draghoender (afrigter), Kamvelihle Mabusela, Georgia Claasen, Ilaam Schannack, Wendall Jacobs (afrigter), Theoleen Miggels, Sara Klasson, Thandolwethu Mbewu en Kelsy Farao (afrigter). Foto: VERSKAF


DIE atlete van die Michausdal Primêre Skool het op Saterdag, 17 Februarie, baie goed in hul verskillende items by die Chris Hani-atletiekbyeenkoms, wat in Cradock plaasgevind het, presteer.

Daar het altesaam 11 atlete van die Michausdal Primêr deelgeneem en ses van hulle het baie goed presteer.

Die leerders het gesamentlik vier goue medaljes, een silwer en twee brons medaljes ontvang.

Die leerders wat medaljes ontvang het, is Kamvelihle Mabusela (goud vir gewigstoot), Georgia Claasen (goud vir verspring en silwer vir hoogspring), Ilaam Schannack (goud vir gewigstoot), Theoleen Miggels (brons vir gewigstoot en brons vir hoogspring), Sara Klasson (brons vir gewigstoot) en Thandolwethu Mbewu (goud vir hoogspring).

Vier van hierdie leerders, wat eerste of tweede plek in hul items behaal het, is in die Chris Hani-atletiekspan opgeneem wat op 2 en 3 Maart aan die Oos-Kaap Provinsiale byeenkoms in Cradock gaan deelneem.

Hierdie leerders is Kamvelihle Mabusela, Georgia Claasen, Ilaam Schannack en Thandolwethu Mbewu.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article