Middies se OPP-spelers. Agter is Daniël Botha. Middel van links is Janko Lessing, Danelle Bishop, Hannlé van Heerden en Megan Newton. Voor is Chris Hayes, Renaldi Steenkamp en Isa Schoombee. Foto:JOHANETTE PHOTOGRAPHY


DIE Hoërskool Middelburg het vanjaar agt tennisspelers in die OP Platteland-tennisspan.

Die tweede rondte proewe het op 21 Januarie in Graaff-Reinet plaasgevind, waartydens agt van Middies se spelers die OPP-span gehaal het. Die nuwe gr. 8-leerders, Isa Schoombee, Chris Hayes en Janko Lessing, is opgeneem in die o.14-spanne, terwyl Hannlé van Heerden, Danelle Bishop en Megan Newton in die meisies o.16-span opgeneem is. Daniël Botha is in die seuns o.19-span en Renaldi Steenberg is die nommer een speler in die OPP o.19-span.

Terwyl hierdie spelers op Graaff-Reinet in die hitte vir plekke in die onderskeie OPP-spanne geswoeg het, het die ander tennisspelers van Middies op Burgersdorp teen Burgersdorp met 142 potte teen 120 gewen.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article