Voor van links is JP Joubert (kaptein), Mbali Sesani, Carina Vorster, Yonela Mbovane en Lutho Olifant. Agter van links is Liané Wieneke, Aldon Pretorius, Richard Maasdorp, Katja Duvenhage, Soxholo Ntoni, Caswin Roy en Jaydwen Louw. Foto: Johanette Photography


DIE Hoërskool Middelburg se skaakspan ken hul skuiwe en as daar meegeding word, konsentreer hierdie 11 spelers vir die eerste span.

Tydens die onlangse interskole teen die Hoërskool Kirkwood het Carina Vorster se skaakspan hul staal gewys deur met ’n oortuigende 6-1 te wen.

Die skaakspan, onder kapteinskap van JP Joubert, neem gereeld aan kompetisies deel en vaar oor die algemeen baie goed. Op Saterdag, 28 Julie het die ywerige spelers ’n afrigtingskliniek by Picadilli’s in Middelburg bygewoon waartydens Ian Kirsten van Graaff-Reinet, ’n geesdriftige lektor vir DHET met ’n groot passie vir skaak, hulle ’n paar slim nuwe skuiwe en denkwyses kom leer het.

Op 13 Augustus het Caswin Roy, Richard Maasdorp en Katja Duvenage by Union High aan ’n geslote skaaktoernooi gaan deelneem. Dié drie Middies-skaakspelers het gekwalifi-seer om namens die Chris Hani-skaakspan in Desember aan die SAJCC (South African Junior Chess Championships) in Gauteng te gaan deelneem.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article