Die Hoërskool Middelburg het op 10 April hul jaarlikse Mnr. en Mej. MHS-glansaand aangebied.Sanrie Lessing het die meeste stemme op sosiale media gekry en die grootste donasies is deur Sanrie Lessing en Lodewyk van Heerden ingesamel. Links agter en voor is Renaldi Steenberg en Reinhardt Pelser (2de prinses en prins), in die middel agter is wenners Jennifer Gillmer en Foxie Wolfaardt, met Lodewyk van Heerden en Amy Newton (1ste prins en prinses) regs voor en agter. foto:JOHANETTE PHOTOGRAPHY


DIE Hoërskool Middelburg het op Woensdag, 10 April, hul jaarlikse Mnr en Mej MHS glansaand aangebied.

Hierdie keer was dit nie net die Gr. 11 en 12’s se glimlagte en mooi monderings wat die aand opgehelder het nie, maar was ouers, vriende en kinders baie bevoorreg om ook na die pragstemme van die gaskuntenaars, ‘Bottomless Coffee’, te kon luister. Vir die beoordelaars was die keuses maar moeilik en het dit gelukkig gesorg dat die sangpaar, Lourens en Esté Rabé van Bottomless Coffee, toe nog ’n paar ekstra liedjies aan die gehoor kon lewer.

Die finale uitslag deur die beoordelaars was as volg:

Mnr en Mej MHS: Foxie Wolfaardt en Jennifer Gillmer; Eerste Prins en Prinses: Lodewyk van Heerden en Amy Newton;

Tweede Prins en Prinses: Reinhardt Pelser en Renaldi Steenberg.

Sanrie Lessing het die meeste stemme op sosiale media gekry en die grootste donasies is deur Sanrie Lessing en Lodewyk van Heerden ingesamel.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article