: Die Hoërskool Middelburg se mooistes word tydens die jaarlikse Mnr. en Mej. MHS geleentheid gekroon. Die finaliste is onlangs aangekondig en daar word tans hard aan passies geoefen en aan uitrustings vir die loopplank beplan. Die glansgeleentheid vind op Woensdag, 10 April plaas. Die gaskunstenaars, Bottomless Coffee, se optrede beloof om ‘n besonderse vertoning te lewer. Kaartjies teen R100 per persoon kan by die skool gekoop word. Deure open om 18:00 en die funksie begin stiptelik om 18:30. Skakel 049 842 1560 vir meer inligting en besprekings. Die finaliste is agter, van links, Mignon Terblanche, Marlize Beukes, Carla van der Walt, Sanrie Lessing, Ammie Donian, Vicky Muller, Liezel Mentz, Jennifer Gillmer, Amy Newton en Renaldi Steenberg. In die middel is Amila Mlozan, Foxie Wolfaardt, Werner van der Berg, Daniël Botha, Reinhardt Pelser, Lodewyk van Heerden, Niel Perry en Guhan van der Ryst. Voor sit Lihle Mlondleni en Wanga Thiso. Foto: johanette photography
MHS maak reg vir groot aand
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.