Die Narsingstraat Primêre Skool op Graaff-Reinet het vir die tweede agtereenvolgende jaar ’n provinsiale netbalspeler opgelewer vir die o.12 Oos-Kaapspan. Maxshean Matthews, ’n gr. 7-leerder en ook tans die hoofmeisie van die skool, het vroeër in die jaar ook die Oos-Kaap in atletiek verteenwoordig. Maxshean gaan op 26 April en later in Mei aan oefenkampe in Oos-Londen en Port Elizabeth deelneem. Vanaf 16 tot 20 Junie gaan sy aan die All Ages-toernooi in Boksburg deelneem. Die onkoste vir dié toernooi alleen beloop R3 010. “Die gemeenskap se ondersteuning van enige aard om dit vir Maxshean, wat soveel potensiaal op akademiese gebied ook het, moontlik te maak, sal opreg waardeer word,” het Amos Grootboom, skoolhoof, gesê. Foto: VERSKAF


DIE Narsingstraat Primêre Skool op Graaff-Reinet het vir die tweede agtereenvolgende ’n Provinsiale Netbalspeler opgelewer vir die o.12 All Ages Oos-Kaapspan.

Maxshean Matthews, ’n graad 7 leerder en ook tans die hoofmeisie van die skool het vroeër in die jaar ook die Oos-Kaap in atletiek verteenwoordig.

Skoolhoof Amos Grootboom het haar beskry as ’n inspirasie vir haar mede-leerders.

Maxshean gaan op 26 April en later in Mei aan oefenkampe in Oos_Londen en Port Elizabeth onderskeidelik bywoon.

Gedurende die 16 to 20 Junie gaan sy aan die All Ages Toernooi in Boksburg deelneem. Die onkostes vir die toernooi alleen beloop R3 010.

“Die gemeenskap se ondersteuning van enige aard om dit vir Maxshean, met soveel potensiaal ook op akademiese gebied, moontlik te maak, sal opreg waardeer word,” het Grootboom gesê.

Hy het bygevoeg dat hy, die personeel, skoolbeheerliggaam en leerders, saam met haar ouers baie trots is op die skool se netbalster.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article