Dié gr.12-meisies het ook klaargemaak. Van links is Tinica Grassman, Annelou van der Mescht, Engeri Fourie, Zileke de Jager en Lynette Ittershagen-Strauss.


DIE Hoër Volkskool se matriekklas van 2018 het op Maandag, 26 November hul skooljare afgesluit met hul laaste eksamenvraestel.

Op pad uit die saal is hulle gegroet deur die erewag wat hul opgewonde ouers gevorm het om die jong volwassenes te verwelkom in die grootmenswêreld. Die ouers het hulle ook met ’n glasie sjampanje bederf.

Die matrieks het hul harte oopgemaak en hulle skoolskoene geskenk om aan minderbevoorregte kinders in die omliggende gebiede uitgedeel te word.

Hulle het ook al hul skryfbehoeftes geskenk aan die NG Kerk se skryfbehoefte-projek.

Die Hoër Volkskool het elke matriekleerder baie sterkte vir die uitslae toegewens.

Vir die toekoms: “It always seems impossible until it is done.” – Nelson Mandela

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article