Die Olimpiese Spele in Japan mag dalk in die weegskaal wees weens die coronavirus, maar in die Karoo sorg Midros se jongklomp vir baie sports met hul matras-mannewales. Twee binneveermatrasse onder die bloekombome op ’n hoek van Rivierstraat sorg vir ure se pret. Hier word allerhande toertjies uitgehaal wat toeskouers by die Olimpiese Spele nooit te siene sal kry nie. foto:ELSABé PIENAAR
Matras-mannewales
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.