Hier is Hendrik Botes op volle vaart in die o.15A-spanne se wedstryd. foto:verskaf


DIE Hoër Landbouskool Marlow het Saterdag, 9 Maart teen Duineveld rugby gespeel op Hopetown.

Albei skole het elk ver gereis om mekaar halfpad te ontmoet vir goeie skolerugby.

Daar het nege wedstryde plaasgevind en dis veral Marlow se junior spanne wat hul staal behoorlik gewys het.

Duineveld se eerste span het Marlow in die hoofwedstryd 33-12 geklop en die halftydtelling was 14-5 in Duineveld se guns.

Duineveld het die kragmeting met fisieke hardlooprugby oorheers. Albei spanne het mekaar aangevat in die vaste skrums. Marlow het in die meeste van die skrums hulle goed van hul taak gekwyt.

Lynstane van albei spanne was nie goed nie. By die afbreekpunte het Marlow ook hul stem dik gemaak en ’n paar keer omgekeerde besit bewerkstellig. Die Wolramme het met tye ook goed aangeval en is met twee drieë beloon.

Leon Cordier en Ambesa Zenzile het Marlow se drieë gedruk. Troy Delport het met een verdoelskop geslaag.

Die uitslae (Marlow tellings eerste):

Tweede spanne (25 – 2)

Derde spanne (5 – 31)

o.16A-spanne (35 – 7)

o.16B-spanne (44 – 0)

o.15A-spanne (32 – 0)

o.15B-spanne (38 – 5)

o.14A-spanne (46 – 0)

o.14B-spanne (50 – 5)

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article