DIE Hoër Landbouskool Marlow se o.17 sewe-aan-’n-kant-rugbyspan het die afgelope twee maande skitterende rugby gespeel.
Die Wolramme het deelgeneem aan twee Twizza toernooie, waar hulle die een in Komani (Queenstown) gewen het, maar ongelukkig .die tweede in ’n naelskraap finaal teen Framesby verloor het.
Tydens die toernooi waar al die wenners van die verskeie toer-nooie van regoor die land byme-kaar gekom het, het die Wolramme baie goeie rekenskap van hul-self gegee.
Skole soos Grey, die Hoërskool Rustenburg, Helpmekaar, Westville, HTS Middelburg, Noord- Kaap, Framesby en Alberton was van die deelnemende spanne, wat by Grey Kollege gespeel het.
Marlow was saam met Helpmekaar en Lichtenburg in ’n groep ingedeel.
Die Wolramme het vir Lichtenburg gemaklik 45-19 geklop en in ’n taai stryd het Marlow ook met Helpmekaar afgereken. Die telling was 17-14. Marlow het hiermee eerste in hul groep geëindig.
In die volgende wedstryd het Marlow vir Alberton 26-7 geklop en só deurgedring na die semifinaal. Marlow en Grey het mekaar met mening aangevat en Grey het 38-12 gewen.
HTS Middelburg en Marlow het uitgespeel vir die derde en vierde posisie. Die Wolramme moes egter die knie buig en het vierde uit die twaalf deelnemende spanne geëindig.




