Vier leerders van die Hoër Landbouskool Marlow het aan Die Burger/ATKV se Vlymskerp Vasvrakompetisie deelgeneem. Nicolaas du Plessis, Hano Froehlich, Handri Botha en Johannes Erasmus (foto) het Marlow teen 18 ander skole verteenwoordig. Ná hulle uitstekende tyd in die eerste twee rondes, eindig hulle in die top nege wat na die semifinaal deurdring. In die derde ronde vaar Nico Malan baie goed en skakel Marlow uit. Nico Malan was dan ook die wenners van die kompetisie met Otto du Plessis in die tweede plek en Paul Sauer derde . Foto:VERSKAF
Marlow se vasvraspan skitter
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.