Die jaarlikse sentrale distrikte skoletennisproewe het onlangs in Cradock plaasgevind en die Hoër Lanbouskool Marlow se spelers het weer die seunsafdeling oorheers. Hierdie seuns is vir die onderskeie ouderdomsgroepe gekies. Agter van links is Drew Jordaan (o.16), Gideon Smith (o.19), SJ Marais (o.19) en Sandre Erasmus (o.19). In die middel van links is Tiaan Hattingh (o.16), Yanga Dinga (o.19) en Pieter Smith (o.16), en voor van links is Burrie van Heerden (o.14) en Franco Froehlich (o.14). Hulle het op 21 Januarie aan die OP Plattelande proewe in Graaff-Reinet deelgeneem. Foto:VERSKAF


DIE jaarlikse sentrale distrikte skoletennisproewe het onlangs in Cradock plaasgevind en die Hoër Lanbouskool Marlow se spelers het weer die seunsafdeling vanaf o.14 tot o.19 oorheers.

Die volgende seuns is vir die onderskeie ouderdomsgroepe gekies:

o.14: Franco Froehlich en Burrie van Heerden

o.16: Pieter Smith, Drew Jordaan en Tiaan Hattingh

o.19: Gideon Smith, Yanga Dinga, SJ Marais en Sandre Erasmus.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article