Die Hoër Landbouskool Marlow se gholfspan het onlangs hul jaarlikse gholftoer na die Suid-Kaap onderneem. Die seuns het die kans gehad om op George, Simola en Oubaai se bane te speel. Hier is die Marlow gholfspelers (van links) Handrich “Shrek” Conradie, Sandré “Frisco” Erasmus, SJ “Valk” Marais, Yanga “Bongi” Dinga, Jaco “Oros” Fourie, Gideon “Tyson” de Klerk, Gerhard “Klippies” Cloete en Brendt “Kreef” Collins. Zis Ferreira, oud-onderhoof van Marlow, het die toer saam met die seuns geniet. Die kompetisie tussen hulle was sterk, maar op die ou einde is SJ “Valk” Marais gekroon as die speler van die toer. Foto’s:VERSKAF


Marlow se gholfspelers baljaar op die bane

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article