Marlow en Hudsonpark het mekaar met nege rugbyspanne op die rugbyveld in Oos-Londen aangevat. Drie spanne het ook teen Baysville en Port Rex gespeel. Marlow het agt van die 12 wedstryde gewen. Hier val Leon Cordier, haker, die voordeellyn aan in die hoofwedstryd.Foto:VERSKAF


DIE Hoër Landbouskool Marlow het op 27 April teen Hudson Park High School rugby in Oos-Londen gespeel.

Die kragmetings het gesorg vir goeie hardlooprugby. Hudson Park se eerste span het Marlow in die hoofwedstryd 30-14 geklop. Hudson Park het die kragmeting met fisieke hardlooprugby oorheers en het veral in die vaste fasette uitgeblink.

Marlow het net te veel ongedwonge foute gemaak en was hul eie vyand op die aanval wat opsies aanbetref. Die Wolramme het met tye goed aangeval en is met twee drieë beloon van Leon Cordier (2) en Juanre Snyman (12). Troy Delport (13) het met twee doelskoppe geslaag.

Die dag se tellings is as volg (Marlow eerste):

2de spanne 36–19

3de spanne 24–12

4de span t Baysville 1ste 29–12

o.16A-spanne 19–8

o.16B-spanne 75–15

o.16C-span t Port Rex o.16B 27–10

o.15A-spanne 15–29

o.15B-spanne 21–22

o.15C t Baysville o.15A 36–12

o.14A-spanne 27–5

o.14B-spanne 24–35

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article