Marlow se tweekampatlete het verlede week aan die 5de OP liga byeenkoms deelgeneem. Die Wolramme presteer op die baan en in die swembad. Die volgende 14 seuns is gekies om vir OP deel te neem aan die interprovinsiale byeenkoms in Oudsthoorn op 1 Februarie. Die kompetisie is altyd sterk met provinsies soos Boland, WP en SWD wat ook deelneem. Die seuns is voor van links: Jean Snyman, Stefan Vorster, Henro van der Merwe en Murray du Toit. Middel van links: AJ Schenk, Marnus Smit, Burrie van Heerden, Zadriaan Gouws en Luaan van der Merwe. Agter van links is Dillan Swanepoel, Gerhard Viljoen, Nicolaas du Plessis, Jan-Hendrik Pieterse en Enric Taljaard. Foto:VERSKAF
Marlow presteer by tweekamp
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.