Marlow se o.14A-span het nog ’n goeie oorwinning behaal op die rugbyveld. Die Wolrammetjies het gemaklik 41–15 gewen. Joshiah Weideman, buitesenter, hardloop hier met mening en is op pad doellyn toe vir sy drie. Foto:VERSKAF


DIE Hoër Landbouskool Marlow het op 11 Mei op sy tuisveld teen die Hoërskool Nico Malan van Humansdorp met nege rugbyspanne gespeel.

Marlow het in al die wedstryde met oorgawe gespeel en slegs een wedstryd verloor. Die Wolramme se junior C-spanne het ook vroeër in die week teen Middellande Sekondêr op Middelburg gespeel.

Marlow se eerste span het die hoofwedstryd 59–26 gewen.

Die tuisspan se vinnige spelpatroon was ook deurslaggewend en daar is nege baie aanskoulike drieë gedruk.

Die Marlow-spelers wat agter die doellyn gaan kuier het, is Hlomla Mabaza, JO Watson, Tiaan Herion, Troy Delport en Yanga Dinga.

Ambesa Zenzile en Leon Cordier het albei twee drieë gedruk. Troy Delport slaag met sewe doelskoppe.

Die ander spanne se uitslae is as volg, met Marlow se tellings eerste:

2de spanne, 61–10

3de spanne, 56–0

o.16A-spanne, 33–26

o.16B-spanne, 38–0

o.16C-span t Middellande o.16A-span, 19–19

o.15A-spanne, 7–10

o.15B-spanne, 19–5

o.15C-span t Middellande o.15A-span, 33–49

o.14A-spanne, 41–15

o.14B-spanne, 24–5

o.14C-span t Middellande o.14A-span, 30–28

Marlow sal op 25 Mei in Port Elizabeth teen Framesby rugby speel.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article