Gerhard du Plessis, graad 10 leerder van Marlow, het verlede Saterdag by die Cradock Sone atletiekbyeenkoms uitgeblink in die hamergooi, gewigstoot en diskusgooi vir seuns 0/16. Hier is Gerhard besig om deel te neem aan die gewigstoot item.Foto:VERSKAF


DIE Hoër Landbouskool Marlow se atlete het die afgelope naweek aan die jaarlikse Cradock Sone-atletiekbyeenkoms op Cradock deelgeneem.

Ten spyte van sterk kompetisie van skole soos die Hoërskool Cradock, Michausdal Sekondêr, JA Calata en Matthew Goniwe, het Marlow die dag met gemak gewen. Marlow samel ’n totaal van 100 medaljes in (44 goud; 36 silwer en 20 brons).

Ambesa “Kwagga” Zenzile het weereens ’n skittervertoning gelewer met ’n tyd van 10,90 sekondes vir die seuns o.19 100m.

Yanga “Bongi” Dinga, wat gewoonlik ’n uitblinker is op die tennisbaan, het bewys dat Marlow se leerders op verskeie gebiede kan presteer en is aangewys as die Senior Victor Ludorum met ’n totaal van 1 908 ASA-punte.

Marlow se beste junior atleet vir die tweede agtereenvolgende week is Gerhard “Pote” du Plessis, met ’n totaal van 1 862 ASA-punte.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article