Marina Marais. Foto:Verskaf


MARINA Marais, plaasvrou en onderwyseres by Gill-Kollege in Somerset-Oos, deel vandeesweek haar gunsteling-gereg met lesers.

Marina en haar man, Hennie, boer hul lewe lank op Brakfontein en vandaar die naam vir die heerlike filet. Marina se stokperdjies is kosmaak en tuinmaak – dit is waar sy geheel en al kan ontspan.

Brakfontein koedoe–filet

Bestanddele:

1 koedoefilet ongeveer 300-500g

½ koppie asyn

1 eetlepel Worcestershiresous

1 teelepel bruinsuiker

Olyfolie

Swartpeper

Vars geskroeide en gemaalde koljander

Knoffelbotter

Metode:

  • Marineer die filet in die halwe koppie asyn, 1 eetlepel Worcestershiresous en 1 teelepel bruinsuiker en olyfolie.
  • Rol die filet in grof gemaalde swartpeper, vars geskroeide en gemaalde koljander.
  • Braai die filet bruin aan die buitekant in ’n warm ysterpan.
  • Smeer knoffelbotter op, draai in foelie toe en laat rus terwyl jy die volgende sous voorberei:

Sous:

2 middelslag rooi uie in skywe gesny

Balsamiese asyn (na smaak)

1 bottel van een van die volgende slaaisouse: Italiaans, Frans of Balsamiese (gekoopte) sous

Avokadopeer in skywe gesny

1 pakkie vars sampioene in skywe gesny

Olyfolie

Metode:

  • Braai uie in olyfolie en voeg Balsamiese asyn by
  • Voeg avokadopeer en sampioene by
  • Gooi hele bottel sous oor en roer liggies deur
  • Sny die filet in skywe en be-dien met die sous op Ciabattabrood of vars roosterkoek.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article