KRAGKABELS hang op verskeie plekke in Hofmeyr op die grond.
Dit is volgens André Schoeman, ’n inwoner en besigheidsman van die dorp, wat gesê het dat hy baie bekommerd is daaroor want dit is lewensgevaarlik.
“Indien enige persoon per ongeluk met hierdie lewendige kabels in aanraking sou kom, sou dit ongetwyfeld ’n lewe kon eis,” get Schoeman gesê.
’n Elektriese kabel het losgeraak van die ankerpaal in die omgewing van Victory Motors, en dit mag wees dat die drastiese winde wat die afgelope Augustus en September waai, ook grotendeels daartoe bygedra het.
Dit is egter ’n uiters gevaarlike situasie, en hy het versoek dat die nodige voertuig vanaf Queenstown gestuur word, om die kabel weer te lig en vas te heg aan die ankerpaal.
Die lewendige kragdraad lê ook direk op ’n hek wat daagliks deur verskeie persone gebruik word.
Daar is nou ook drie pale in Endstraat waar die kabels nie meer aan die paal heg nie, en dit skep ook lewensgevaarlike situasies. Schoeman deel mee dat hy in gesprek is met Enoch Mcgima Munisipaliteit in Tarkastad, en dat daar deurgaans slegs beloftes aan hom gemaak word.
Carol Boast, DA verteenwoor- diger vanaf Tarkastad, het ook onlangs kom besoek aflê in Hofmeyrom te probeer behulpsaam wees met die probleme wat nie opgelos word nie.
Boast het gesê dat sy voort- durend met die betrokkenes in gesprek is, en dat daar eersdaags oplossings gevind sal moet word vir die krisisse wat inwoners van Hofmeyr op die stadium ervaar.



