BY die Hoërskool Middelburg is dit tradisie dat leerders wat in gr. 8 en 9 besonderse prestasies behaal, eers in gr. 10 daarvoor vereer word. Só was dit dan vir agt leerders by Middies ’n groot oomblik om op die eerste dag van die nuwe skooljaar voor ’n stampvol saal met ouers, nuwe gr. 8’s en mede-skoliere, hulle kleure-toekennings te ontvang.
Kleure-toekennings is uitgereik aan die volgende leerders:
- Richard Maasdorp ontvang halfkleure vir skaak
- Jaco Pieterse ontvang halfkleure vir rugby
- Willie Olivier ontvang halfkleure vir kultuur, rugby en atletiek
- Carla van der Walt ontvang halfkleure vir leierskap
- Hannlé van Heerden ontvang volkleure vir tennis en netbal; en halfkleure vir atletiek
- Inge Green ontvang volkleure vir netbal
- Chanté Jansen ontvang volkleure vir netbal
- Anré Stannard ontvang halfkleure vir netbal
Die tennisseisoen is reeds op dreef en die eerste ronde OP Platteland-proewe het op 12 Januarie in Graaff-Reinet plaasgevind. Nege van Middies se tennisspelers –Renaldi Steenberg, Daniël Botha, Lara Barnhoorn, Danelle Bishop, Megan Newton, Hannlé van Heerden, Isa Schoombee, Chris Hayes en Janko Lessing – het tot die tweede ronde OP Platteland-proewe deurgedring wat op Maandag, 21 Januarie in Graaff-Reinet plaasgevind het.



