Die gr.4-klas met hul can-can kostuums. Foto:JOHANETTE PHOTOGRAPHY


GROOT opgewondenheid het op 24 en 25 Oktober by die Primêre Skool Karel Theron op Middelburg geheers toe die leerders die stampvol skoolsaal, gevul met ouers en belangstellendes, met hul Around the World in 80 Minutes konsert vermaak het.

Maande lank is daar reeds vir hierdie spesiale opvoering geoefen, by die skool en by die huis. Baie van die ouers sal kan getuig hoe die leerders al die dansies uit hulle koppe ken, maar geen woorde kan beskryf hoe trots ’n ouer se hart is wanneer hul bloedjie uiteindelik op die groot aand op die verhoog verskyn nie.

Uitrustings in vrolike kleure, diere met maniere, salsa-, can-can en tango dansers het ritmies oor die verhoog beweeg terwyl die hoofkarakters die verhaal van Ouma wat haar kleinkinders oorsee wil neem, vertolk het.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article