Saul Miles (links) en Andile Sosana (regs) van Athletes4Hope tydens hul 140km aflos saam met mede-atlete Martin Mostert, Edwin de Clerk en Phoka Mofokeng. Die vyfmanskap hardloop om skoene en klere vir behoeftige kinders in te samel.

Foto: Verskaf Credit: SYSTEM

Atheletes4Hope se vyf atlete het drie maande gelede hul passie vir langafstand hardloop ingespan om ander in nood te help.

Die idee om spesifiek hul hardloopskoene vir liefdadigheid aan te trek, het begin toe hulle een dag kinders sonder skoene in die reën sien loop het, verduidelik Martin Mostert, een van dié vyfmanskap van Middelburg.

“Ons het besluit om vroeër die maand 140km in aflosstyl te hardloop en het by Celtis Country Lodge op Middelburg weggespring en op die Richmond-pad die afstand gehardloop.

“Die winter is baie koud hier op Middelburg. Ons doel met die projek is om met plaaslike skole saam te werk wat kinders identifiseer wat nie skoene en warm klere het nie.”

Die projek was aanvanklik Run4Hope genoem, maar die vyfmanskap het groter planne en het die naam verander na Athletes4Hope.

“Ons wil nie net hardloop nie, maar beplan om ook langafstand swem te doen. Dié swemmery sal in Februarie 2023 wees. Ons gaan 100km swem oor 10 dae, 10km per dag,” sê Mostert.

Die Athletes4Hope span bestaan uit Martin Mostert, Saul Miles, Phoka Mokeng, Andile Sosana en Edwin de Clerk.

  • Vir meer inligting oor die projek of om betrokke te raak bel Martin Mostert by 062 139 9832.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article