DIE Laerskool Gill in Somerset-Oos het op 18 Oktober hulle jaarlikse prysuitdeling aangebied.
Dit was weer eens ’n spoggeleentheid waar leerders van die Laerskool Gill die geleentheid gekry het om met hulle pragtige prestasies deur die jaar te spog. Elke leerder het ’n sertifikaat ontvang vir hulle deurlopende harde werk en deelname.




