BY die Primêre Skool Karel Theron was die eerste week van die nuwe kwartaal vir sommige ’n week van gemengde emosies.
Tydens die vakansie is die hartseer nuus ontvang dat een van die gr. 5-leerders, Likho Mlozana (12), onverwags oorlede is. Vir haar klasmaats en mede-netbalspelers was haar plekkie leeg en stil.
Die boodskap van hoop en berading wat deur ds. Dirk de Bruyn en pastoor Nico Luther aan die jongmense gelewer is, het weer lig gebring.
Die leerders se gemoedere is effens gelig met die reël van ’n sokkie met ’n selfgemaakte-hoed-kompetisie. Die litte kon losgemaak word in voorbereiding vir Saterdag se groot kragmeting op Burgersdorp.
Op 13 Julie het die netbalspannetjie en van Karel Theron se personeel ’n aansteekspeldjie met Likho se naam op gedra as te-ken van hul medelye met haar afsterwe. Op die sportveld het elkeen sy en haar beste gedoen om haar nagedagtenis te eer.
Die rugbymanne het nederlae gely teen Burgersdorp met die volgende tellings:
o.7 verloor 8-2
o.9 KT verloor 33-7
o.11 KT verloor 19-0
o.13 KT verloor 19-14
By die netbal het Karel Theron se meisies gespog met die volgende uitslae:
o.7A KT verloor 0-5
o.7B KT wen 1-0
o.8A KT wen 4-2
o.8B KT wen 4-2
o.9A KT wen 5-2
o.9B KT wen 12-2
o.10A KT wen 8-7
o.10B KT wen 4-1
o.11A KT wen 8-5
o.11B KT verloor 1-8
o.13C KT wen 10-8
o.13D KT verloor 3-10
o.13B KT wen 6-3
o.13A KT wen 23-16




