Inxuba Yethemba munisipaliteit (IYM) (Cradock en Middelburg) se burgemeester, Ray Shweni. Foto:WILNA DE KLERK


GAAN Inxuba Yethemba (IYM) se burgemeester die trekpas kry of nie?

Volgens die Demokratiese Alliansie (DA) het hulle ’n verslag ontvang waarin Inxuba Yethemba munisipaliteit (IYM) – vir Cradock en Middelburg – in kennis gestel word dat die Oos-Kaap LUR vir CoGTA, Xolile Nqatha, aanbeveel het dat burgemeester Ray Shweni as ’n raadslid afgedank moet word.

Volgens Nqaba Bhanga, die DA se provinsale leier, spruit die aange-leentheid voort uit die wanbestuur van munisipale fondse (R125 000) wat aangewend is vir ANC doeleindes.

Banga het verduidelik dat die aanbeveling dat Shweni uit sy amp verwyder moet word volg nadat die DA in 2017 ’n suksesvolle klag oor die wanbesteding van publieke fondse by die Openbare Beskermer, advokaat Busisiwe Mkhwebane, ingedien het.

Die verslag van die Etiese Komitee waarin aanbeveel word dat die burgemeester uit sy amp verwyder word, is daarna voorgelê aan die ANC se streekswerkskomitee voordat dit op 22 Januarie 2019 op ’n raadsvergadering voorgelê en publieke kennis geword het.

Volgens die verslag van Mkhwebane is Shweni en ander ANC raads-lede en amptenare skuldig aan die wanbesteding van die bedrag van R125 000.

DA raadslid Monde Desha het die klag op 23 Februarie 2017 by die Openbare Beskermer ingedien maar die uitslag van die verslag is eers op 9 September 2019 bekendgemaak.

Volgens die verslag is R45 000 van munispale fondse bestee om 60 ANC ondersteuners in 2017 na die party se “January 8 Statement” in Orlando Stadium, Johannesburg te vervoer. Op dieselfde dag is ’n luukse Toyota Fortuner gehuur om ses ander ANC lede na dieselfde geleentheid te ver- voer.

Op 15 Januarie 2017 is R72 000 wederregteik bestee om 80 ANC ondersteuners van Middelburg na die provinsiale “road show” in Mthatha te vervoer.

Retief Odendaal, DA se lid van die provinsiale raad het gesê dat die DA se suksesvolle toetrede tot hierdie aangeleentheid weer eens aan kiesers bewys dat die DA sal optree teen alle korrupsie in munisipaliteite oral in die provinsie. Hy het Monde Desha, wat die saak aanhoudend gedryf het, bedank vir sy deursettingsvermoë.

Die munisipale bestuurder van IYM, Xolela Msweli, het by navraag uitdruklik ontken dat daar enige klagtes teen Ray Shweni, burgemeester, gelê is. “Dit is ’n infame leun,” het hy gesê.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article