Tydens die Kraankuil Jongooi-klub se ram- en produksieveiling op 19 Februarie by Kalkbult in die De Aar-distrik, is die duurste merino ram van Geelbek Elite Merinos vir R15 000 aan Philip Louw van Hopetown verkoop. Paauwpan Rubicons van Nico Bezuidenhoudt van De Aar se top Rubicon Merinoram is deur Jaco en Maria du Plessis van De Aar teen R12 500 gekoop. Lovonne Dohne-stud van Louis Fourie van De Aar se top Dohne-ram is teen R11 000 aan Klaas Viljoen van Luckhoff verkoop. OVK het die veiling gereël en Tertius Marais van Malmesbury was die afslaer. Hier verskyn Marnitz Fourie (OVK), Eric Naudé (verkoper van Geelbek Elite Merinos, Middelburg), Philip Louw (koper van Hopetown) en Thembela Sigonyela (hanteerder). foto:JOHANETTE PHOTOGRAPHY
Klub hou ram- en produksieveiling
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.