Van links is Mia (7), Bekker (2) en Gunther Jordaan (9) wat aan die Kiddies Race deelgeneem het. Foto:WILNA DE KLERK


LETTERLIK dosyne kinders het Sondagmiddag aan die Kiddies Race, ’n afdeling vir toekomstige deelnemers aan die GWK Swaershoek-bergfietsuitdaging deelge-neem.

Net soveel kinders as wat daar was, net so groot was die verskeidenheid van fietse – van sekerlik die beste verkrygbaar in die A-afdeling, tot dié met sywieletjies aan en ’n hele paar skopfietsies in die heel junior-afdeling.

Die kleinspan het op verskillende afstande op uitgemerkte roetes op die plaaslike gholfbaan meegeding en die geleent-heid is deur opgewonde ouers en hul ewe opgewonde kinders met totale oorgawe geniet.

Wenners in die afdeling vir deelnemers ouer as tien jaar: Dean van Niewenhuys, Cashley (van onbekend) en Antonie Ferreira. Afdeling vir fietsryers 6-9: Nicola Jordaan, Josh Marsh en Kaylie Boshoff. Afdeling 3-5 jaar oud: Ryan Collett, Niki Adam en Kara van Zyl. – WILNA DE KLERK

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article